1.5kg Varknek steaks
1 koppie koekmeel
Sout en peper
Kookolie
4 groot aartappels, in blokkies gesny
4 uie, gekap
3 eetlepels botter
10 teelepels kitskoffie
1½ koppie kookwater
1½ koppie asyn
1 koppie stroop
2 teelepels Bisto

Geur koekmeel met sout en peper en rol die tjops daarin. Bak in olie in pot tot bruin. Hou eenkant. Braai die uie in die botter. Los die koffie op in die kookwater, voeg die asyn, stroop en Bisto by en roer goed. Voeg dit in die pan by die gebraaide uie. Meng goed. Sit die varktjops terug in die pot en prut vir ½ – 1 uur. Sit die aartappels by en prut tot sag.