2 middelslag appels, ongeskil
1 eetlepels olyfolie
1 middelslag rooi ui, in skywe gesny
4 x 280g vark lendetjops
½ koppie blatjang
¼ koppie suurlemoensap
80ml hoenderaftreksel

Sny elke appel horinsontaal in 4 skywe. Verhit olie in pan op vuur en braai appel en uie tot sag. Braai intussen die tjops tot gaar. Voeg ook die blatjang, suurlemoensap en hoenderaftreksel by die appelmengsel en prut vir 1 minuut.

Bedien die tjops saam met die sous.