6 varkdikribtjops, 20mm dik
5ml sout
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
30ml mielieblom
15ml sojasous
40ml wynasyn
15ml suurlemoensap
100ml droë witwyn
440g pynappelstukke, gedreineer en vloeistof behou (1 blik)
100ml pynappelinmaakvloeistof
vars gemaalde swartpeper na smaak
2 groen appels, geskil, ontkern en gerasper
15ml vars, gekapte gemmerwortel of 5ml fyn gemmer

Verwyder die swoerd van die dikribtjops en rand oortollige vet van die tjops af. Sny die vetrande in op 15mm afstande. Verhit ‘n verbruiningsbak volgens die vervaardiger se aanwysings en mikrogolf die tjops 2 minute lank teen 100% krag.

Draai dit om en mikrogolf dit nog 3 minute lank teen 100% krag. Hou dit eenkant en geur dit met die sout en peper.

Mikrogolf die ui, knoffel en appels 3 minute lank teen 100% krag.

Voeg die res van die bestanddele by en mikrogolf dit 3 – 4 minute lank teen 100% krag totdat die sous verdik. Roer dit elke minuut. Plaas die tjops in die sous, sit die deksel op en mikrogolf 20 – 25 minute lank teen 50% krag totdat dit sag is. Sit voor saam met Chinese rys.