250ml bruismeel
1 eier
125ml melk
50ml strooisuiker
5ml vanilje geursel
Spek, bros gebraai
100ml heuning

Sif die bruismeel en strooisuiker. Voeg die melk, eier en vanilje geursel by en klits tot klontvry. Verhit ‘n kleefwerende pan en bak lepelsvol op ‘n slag. Wissel af met bros gebraaide spekvleis en heuning tussenin.