1 pakkie splitertjies
1 middelslag ui
300g gerookte varkribbetjie
1 liter hoenderaftreksel
250ml vars room
30g botter

Braai die ui en ribbetjies in ‘n middelslag pot tot goudbruin. Voeg die ertjie en aftreksel by. Kook vir 30 minute. Verlaag die hitte sodat mengsel liggies prut. Verwyder bene en vermeng die ertjies tot glad. Voeg die room en botter by en geur na smaak met sout en peper