2 uie, fyn gekap
15ml kookolie
25ml matige kerriepoeier
15ml appelkooskonfyt
1kg gemaalde varkvleis
1 sny witbrood, geweek in
100ml melk en fyn gemaak
suurlemoensap of asyn na smaak
6 lemoenblare
3 eiers
375ml melk
Sout na smaak
5ml paprika

Mikrogolf die uie en kookolie 3 to 4 minute lank teen 100% krag. Voeg die kerriepoeier en appelkooskonfyt by en mikrogolf dit 30 sekondes lank. Roer die vleis en die res van die bestanddele behalwe die lemoenblare, eiers, 375ml melk, sout en paprika by.

Skep dit in ‘n gesmeerde bak en rangskik die lemoenblare bo-op. Mikrogolf dit 10 minute lank teen 70% krag. Klits die eiers, melk en sout goed en giet dit oor die vleis.

Strooi die paprika bo-oor en mikrogolf die gereg nog 8 – 10 minute lank teen 70% krag totdat die eiermengsel gestol het. Sit die bobotie voor saam met geelrys.

(6 – 8 porsies)